Viva la Vida

Viva la Vida Vida se beste vriend staan uiteindelik op trou Maar as hy hom lewenslank wil opsaal met n meisie wat in alle opsigte die Barbie model n treetjie voor is is dit sy saak Dit is wel hinderlik dat sy as

  • Title: Viva la Vida
  • Author: Bernette Bergenthuin
  • ISBN: -
  • Page: 466
  • Format: Paperback
  • Vida se beste vriend staan uiteindelik op trou Maar as hy hom lewenslank wil opsaal met n meisie wat in alle opsigte die Barbie model n treetjie voor is, is dit sy saak Dit is wel hinderlik dat sy as best woman n tuxedo aandrok moet dra en alles wat daarmee saamgaan om die verloofde gelukkig te hou Ook die feit dat hulle haar met die verloofde se broer wil afpaar.Vida se beste vriend staan uiteindelik op trou Maar as hy hom lewenslank wil opsaal met n meisie wat in alle opsigte die Barbie model n treetjie voor is, is dit sy saak Dit is wel hinderlik dat sy as best woman n tuxedo aandrok moet dra en alles wat daarmee saamgaan om die verloofde gelukkig te hou Ook die feit dat hulle haar met die verloofde se broer wil afpaar Maar net vir die troue en net vir haar beste vriend is dit ook seker nie te veel gevra nie En die man is regtig n vangs, as sy nou eerlik wil wees Terwyl haar beroepslewe as argitek ook n onverwagte trap of twee styg en sy daarmee probeer tred hou, doem ander komplikasies op haar ewig onvergenoegde ma, haar immer swerwende pa, ongeoorloofde affairs begin aan die orde van die dag lyk, n ramparty haak ampertjies uit en n naweek in die Bosveld het rampspoedige gevolge As daar ooit n moontlikheid was dat Vida se beste vriend eintlik die liefde van haar lewe is, is dit nou te laat Die strykkwartet speel al die troumars, letterlik En Vida se sin vir humor is meestal al wat haar staande hou.

    • [PDF] Download ↠ Viva la Vida | by ☆ Bernette Bergenthuin
      466 Bernette Bergenthuin
    • thumbnail Title: [PDF] Download ↠ Viva la Vida | by ☆ Bernette Bergenthuin
      Posted by:Bernette Bergenthuin
      Published :2020-08-01T13:04:24+00:00

    About "Bernette Bergenthuin"

    1. Bernette Bergenthuin

      Bernette Bergenthuin is n nooi van Pretoria wat die voorreg gehad het om vir ses jaar die betowering van die Kaap en die Boland te ervaar N wonderlike studentejare op Stellenbosch keer sy in 2012 terug na Pretoria om haar prokureursklerkskap onder die bekwame leiding van die meesterbreine van n Pretoriase prokureursfirma te voltooi In 2013 sluit sy aan as n pupil lid by die Pretoria Balie en word meegesleur deur die avonture wat die leerskool van die advokatuur bied n Jaar van glinster, glans, studeer en op die harde manier leer, spoeg haar uit as beginner advokaat wat opgewonde aan die voet van n nuwe loopbaan staan Tussendeur droom en skryf sy Karakters, hul probleme en intriges bied n welkome ontvlugting van die regte lewe Soms skemer die werklikeid tog deur haar stories, maar die wat , waar en wie bly haar geheim want danksy n eksentrieke streep kamoefleer die waarheid hom byna onherkenbaar tussen die fantasie.

    213 thoughts on “Viva la Vida”

    1. ‘n Lekkerlees roman wat jou tone sal laat omkrul. Hoe gemaak as jou bestie met ‘n ander meisie in die kerk staan? Dit is die dilemma waarin Viva la Vida haar bevind met g’n idee hoe sy daaruit gaan ontsnap nie. Na jare van rondval van die een verhouding na die ander staan haar beste vriend uiteindelik op trou. Die enigste probleem: Vida is nie gek oor die meisie nie. Tog redeneer sy, as hy hom lewenslank met ‘n Barbie wil opsaal, is dit seker sy saak. Waarby sy egter nie verby kan kyk ni [...]


    2. Viva la Vida was net my tweede kennismaking met die skryfwerk van Bernette Bergenthuin. Die eerste was ’n heerlike novelette in RomanzaLiefde met die titel Kersie bo-op. Viva la Vida stel nie teleur nie.Die skrywer het óf ’n verbasende gawe, óf sy doen deeglike karaktersketse alvorens sy die verhaal aanpak, wanvidat sy het ’n handvol rolspelers geskep wat enduit honderd persent binne hulle karakters opgetree het. Eerstens was daar natuurlik Vida Maria, soos haar ouma haar konsekwent aans [...]


    3. Bergenthuin se boeke is verfrissend en vol aangename verrassings. Die leser word ingetrek deur interessante plekke en karakters. Dit lees maklik en dis net die leesstof wat ‘n mens nodig het om te ontspan na ‘n besige dag.Bergenthuin het ‘n unieke styl met haar eiesoortige sê-goed in elke boek. Die leser geniet die hoofkarakter, Vida, se sin vir humor baie in Viva la Vida. Humor is tog wat ‘n mens staande hou en so gaan dit ook vir Vida in haar besige lewe en familie- uitdagings. Die le [...]


    4. Vida is vir jare al beste vriende met Rudi, al wens sy eintlik hulle was meer. Nou gaan hy trou en Vida is die “best woman”, nie die bruid nie. Sy probeer om op haar vriendskap te fokus en haar gevoelens te ignoreer, maak nie saak hoe moeilik dit is nie. Boonop moet sy ‘n metgesel vir die troue vind en met haar beroep as ‘n argitek tred hou. Vida la Vida is nog ‘n snaakse liefdesroman uit die pen van Bernette Bergenthuin.


    5. “My Best friend’s wedding”. Ek het noggal gedink aan hierdie film toe ek die boek begin lees het. Dat die twee tog bymekaar gaan uitkom, is ‘n gegewe of gaan hulle?Ek het begin hou van dokter Neil in haar lewe en dan sê hy weer iets wat jou nekhare laat rys. Hoe durf hy dit sê!! En ek is nie eens ‘n feminis nie!Sy is ‘n suksesvolle argitek en word ook aangestel as die tydelike bestuurder van die firma – dit moet tog nie teen haar tel nie. Dat sy so ‘n goeie vriend in haar lewe [...]


    6. Soos altyd uitstekend! Mal oor die sterk karakters in haar boeke, uitstekende sin vir humor en hoe haar boeke jou vasvang! Viva la Vida! ❤️


    7. Vida se beste vriend en maat staan uiteindelik op trou met 'n meisie. Die voornemende troue hou heelwat kopsere vir haar in: Sy is Rudi se Best woman wat 'n tuxedo-aandrok moet aantrek. Haar afwesige pa kom terug Suid-Afrika toe en kom by haar loseer vir 'n maand terwyl haar ma nog al die pad treurmares sing oor alles. Neil, Rudi se verloofde se broer, probeer nog boon-op Vida se hart wen en te midde dit als besef Vida dat sy dalk meer as vriendskap soek van Rudi. Maar is dit nie al reeds te laa [...]


    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *